-deur Dale Hurd | CBN News

28 Augustus 2017

Die hoof van die Vatikaan se Switserse wag verwag ‘n ISIS-terreuraanval in Rome en die Vatikaanstad, maar sê: “Ons is gereed.”

Kommandant Christophe Graf het aan die Swiss Catholic-webblad, cath.ch gesê: “Dit is ‘n kwessie van tyd voordat daar ‘n (ISIS-) aanval in Rome plaasvind.”

Die Switserse wag is die elite-eenheid van die Vatikaanstad en bestaan ​​uit mans wat militêre opleiding in die Switserse weermag voltooi het. Hulle is verantwoordelik vir die veiligheid van die pous en die beskerming van die Apostoliese Paleis.

Die Islamitiese staat glo die verowering van Rome staan sentraal ​​in sy missie en is noodsaaklik om ‘n profesie van Mohammed te vervul, sowel as om die terugkeer van die Moslem-messias, die Mahdi, voor te berei.

“Vir ISIS is Rome een van sy primêre doelwitte,” het Robert Spencer, skrywer van The Complete Infidel’s Guide to ISIS, gesê.

“ISIS werk volgens ’n rooster waar dit binne tien jaar, teen die jaar 2025, hoop om Armagéddon   ̶   die finale stryd tussen goed en kwaad of tussen die Moslems en die nie-Moslems – te bewerkstellig,” het hy verduidelik. “En een van daardie belangrike stappe na die Armageddon-stryd is die verowering van Rome, wat volgens hulle binne die volgende vyf jaar, teen 2020, behaal sal word.”

In ’n video wat onlangs vrygestel is deur die Islamitiese staat in die Filippyne, het djihadiste ‘n kerk ontheilig en ‘n geweer op ‘n foto van die Pous Francis gerig en gesê het: “Ons sal in Rome wees, inshallah (volgens Allah se wil).

Spencer sê ISIS se droom is om die pous te onthoof en massa-onthoofding in St. Petrus-plein uit te voer; en dit regstreeks aan ‘n internasionale gehoor uit te saai.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.