-deur Gateway News

7 Maart 2018

Suid-Afrikaanse Christene word uitgenooi om deel te neem aan ‘n 40-dae-veldtog van gebed vir  genesing en versoening  genaamd, #CrosstheBridge, aangebied deur Intercessors for South Africa (Ifsa), ‘n gebedsbeweging wat Suid-Afrika se gebedsnetwerke bymekaarbring.

“Ons erken die emosionele toestand van ons nasie, hoe gebroke, verwond, teleurgesteld, kwaad, hopeloos, verwerp, rassisties en bevooroordeeld  ons is, met die hoofoorsaak die vaderloosheid in ons land. Ons doen ‘n beroep op die Kerk in Suid-Afrika om ons sonde wat tot die huidige stand van sake gely het, voor God te bely en berou te toon. Ons vra God om ons te vergewe en ons in staat te stel om mekaar te vergewe, om ons as individue, gesinne, die Kerk, etniese groepe en as nasie te genees, “sê Ifsa in ‘n uitnodiging aan gelowiges om by die veldtog aan te sluit wat op Maandag 19 Februarie begin het en sal voortduur tot 30 Maart.

“Ons moedig die Kerk van Suid-Afrika aan om te bid met die fokus van #Crossthebridge   – op  rassisme, politieke brûe,  ekonomiese brûe, ens. Bid saam met iemand van ʼn ander etniese groep oor die volgende 40 dae.

Bewys vriendelikheid, liefde en hulp aan iemand anders. Soos ons liefde deur gebed en dade van vriendelikheid versprei, sal ons ons nasie genees en hoop bied aan die wanhopiges. Oor die volgende 6 weke  daag ons die Liggaam van Christus uit om te bid, deur die gebedspunte  te gebruik wat deur verskeie gebedsleiers op hierdie platform van voorbidders vir Suid-Afrika aangebied sal word, ” lui die uitnodiging.

Gebedspunte sal weekliks per e-pos gestuur word aan diegene wat registreer, of hulle kan op die Ifsa-webwerf aangetref  word: www.ifsaprayer.co.za  asook op  Facebook.

Een video per week wat die weeklikse gebedsfokus bekendstel, sal ook beskikbaar wees op die Intersessors vir Suid-Afrika se Facebook-bladsy en YouTube-bladsy.

Jy kan registreer om gebedspunte per e-pos te ontvang deur  ifsaprayer@gmail.com  te e-pos met #CrosstheBridge in die onderwerpreël.


Bron: ifsaprayer.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.