-deur Philip Perry

12 Augustus 2018

Daar is vir eeue oor die oorsaak van die mees algemene tipe kinderkanker gedebatteer in mediese kringe. Danksy die werk van prof. Mel Greaves, van die Instituut vir Kankernavorsing in Londen, is die raaisel opgelos. Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL) raak 1 uit elke 2 000 kinders. Ironies genoeg is dit ons moderne kiemvrye lewenstyl wat bydra tot die vorming van die siekte. Dit is opwindend dat ons dalk nou oor die kennis beskik wat om ALL iets van die verlede te maak.

Vir hierdie deurbraak het prof. Greaves ’n meta-analise uitgevoer; 30 jaar se mediese literatuur gefynkam en data van kollegas wêreldwyd versamel. Sy navorsing sluit in navorsing oor genetika, epidemiologie, immunologie, sellulêre biologie, en nog baie meer. Op hierdie reis kon prof. Greaves chemikalieë in die omgewing, ioniserende bestraling, elektromagnetiese golwe en die invloed van hoëspanningskabels (elektriese kabels) as moontlike oorsake uitsluit.

Hoewel dit ’n verskriklike siekte vir ’n kind is, het prof. Greaves se analise, wat in die tydskrif, Nature Reviews Cancer , onthul dat hierdie tipe leukemie heeltemal voorkombaar kan wees.

Volgens prof. Greaves, “dui die navorsing aan dat akute limfoblastiese leukemie ’n duidelike biologiese oorsaak het en geaktiveer word deur ’n verskeidenheid infeksies in kinders wie se immuunstelsel nie behoorlik voorberei is nie.”

Kinders wat met ’n sekere genetiese mutasie gebore word, het bloot die potensiaal om ALL te ontwikkel. Hierdie mutasie bly latent, maar kan geaktiveer word as die immuunstelsel nie genoeg mikrobes in die eerste paar jaar van die lewe teëkom om dit voor te berei en dit leer om mikrobes aan te val nie.

Gesonde blootstelling aan kieme laat die immuunstelsel toe om te leer hoe om patogene korrek te hanteer. As die baba ontwikkel en kind word wat nie aan mikrobes in die omgewing of van ander kinders blootgestel word nie, kan hy / sy  ALL ontwikkel. Al wat dit verg is ’n algemene infeksie om uiteindelik hierdie vorm van leukemie te aktiveer. ALL kom slegs in 1% van gevalle voor waar die mutasie teenwoordig is. Die afwesigheid van patogene as ’n faktor verduidelik waarom hierdie vorm van kinderleukemie algemeen voorkom in welgestelde ontwikkelde lande, maar bykans afwesig is in ontwikkelende lande.

Prof. Greaves moedig ouers aan om hulle nie te veel te bekommer oor ’n skoon huis nie en gee wenke om die siekte te voorkom. Dit sluit in dat hulle hulle minder moet bekommer oor normale gewone infeksies en dat kindertjies met ander moet speel.

Hierdie navorsing kan ons selfs help om ander outo-immuunafwykings te voorkom, insluitende tipe 1-diabetes en allergieë. In die toekoms kan kinders ’n spesiale jogurtdrankie ontvang of op een of ander manier doelbewus blootstel word aan gesonde mikrobes wat ALL en moontlik ook ander outo-immuuntoestande kan help voorkom.

Foto: Ben McCanna / Portland Press Herald, Getty Images


Bron: bigthink.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.