-deur FOR SA

16 Februarie 2017

Michael Swain, uitvoerende direkteur van FOR SA, verskaf ‘n kort uiteensetting van die kwessies rondom die CRL-regtekommissie se verslag en voorstelle om godsdiens te reguleer en hoe dit ons as Christene raak.

[Dit is uiters belangrik dat ons ingelig is en standpunt inneem vir ons regte, veral vir godsdiensvryheid. Daar is gevaartekens, en as Christene moet ons die regering bewus maak van ons mening en seker maak dat ons deel uitmaak van die proses wat nuwe wette voorlê en deurvoer wat ʼn invloed op godsdiensvryheid kan hê.]

Kyk hier na die kort video wat verduidelik waar die bedreiging in die voorlegging lê en hoe om daarop te reageer.

Oproep tot aksie:

  • Vir geregistreerde lede van FOR SA: As jy as ‘n lid aangesluit het en nie saam met ons standpunt wil inneem oor hierdie kwessie nie, stel ons asseblief dienooreenkomstig teen Dinsdag, 21 Februarie in kennis by legal@forsa.org.za.
  • Vir Organisasies en individue wat nie as lede by FOR SA ingeteken is nie: As jy nie as ‘n organisasie by FOR SA aangesluit het nie, maar tog saam met ons standpunt wil inneem ​​oor hierdie kwessie, stel ons asseblief teen Dinsdag 21 Februarie in kennis by legal@forsa.org.za (en dui die amptelike naam en kontakbesonderhede van jou organisasie aan, asook die hoedanigheid waarin jy hulle verteenwoordig).
  • Stuur jou eie kommentaar aan die CRL-regtekommissie: Vir diegene wat graag hulle eie kommentaar wil lewer (apart van FOR SA se voorlegging); u is welkom om dit te doen deur die CRL-regtekommissie teen Dinsdag 28 Februarie direk te kontak by info@crlcommission.org.za. (Dit sou nuttig wees as FOR SA ʼn afskrif van jou reaksie aan die CRL-regkommissie kan bekom, of ook die e-pos kan ontvang.

Ten einde jou te help, het FOR SA ‘n voorbeeld van ʼn voorlegging wat jy kan gebruik om jou voorlegging aan die CRL-regtekommissie voor te berei en te stuur.

Laai die voorbeeld hier af


Bron: forsa.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.