-deur Hendriëlle de Groot  | Cip.nl

31 Oktober 2017

Die twee Iranse Christen-bekeerlinge wat onlangs in hegtenis geneem is, was lede van die ondergrondse kerk, Boodskap van Vrede-huiskerk.

Huiskerke word nie in Iran toegelaat nie en regeringsamptenare voer gereeld klopjagte op Christene se huise uit. Gelowiges word dan aangekla dat hulle by antiregeringsaktiwiteite betrokke is.

Die Islamitiese regime beskou die Christendom as iets wat die burgers se lojaliteit teenoor die staat belemmer. Die intensiteit van vervolging teen die Kerk neem toe namate meer Iraniërs tot bekering kom. ‘n Groot aantal jongmense het Christene geword, wat die Iranse regering baie bekommerd maak.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.