-deur Elza Meyer  | Turn2God

  1. Ons kan vir die Here se Hand vra en Hy sal ons seën! Óf ons kan vir Sy Hart vra en Hy sal ons besoek. Kom ons vra God om Suid-Afrika te besoek; om óns te besoek; om Sy Bruid te besoek!
  2. Die afgelope twee weke het die Here groot dinge vir ons land gedoen. Kom ons prys Hom vir Sy goedheid: Here, ons jubel oor U! U het vir ons nasie uitkoms gegee, Psalm 33:12: “Geseënd is die nasie wie se God die Here is; die volk wat Hy vir Homself gekies het!”

Dankie vir wat U vir SA gedoen het! Psalm 33:22: “Laat U troue liefde ons oordek Here, want ons hoop op U alleen!”

Bid asseblief ook deur Jeremia 31:11-14,33-34; 32:38-41 en Psalm 92:13

Bid asseblief saam vir It’s Time Kaapstad op 24 Maart by Mitchells Plein.

Bid ook saam dat die Here die leraars en leiers van Sy kerk in Suid-Afrika sal besoek: “Here, gee weer in hul harte ’n honger en ’n dors na U! Openbaar Uself aan U liggaam.”

Sonder ’n persoonlike ontmoeting met Jesus kan niemand God se wil onderskei nie, vgl. Handeling 9:4b-6.

Besoek www.turn2god.co.za vir meer.


Bron: turn2god.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.