-deur international Christian Concern

4 Desember 2017

’n Geïmproviseerde ploftoestel wat residensiële huise binne die St. Michaels-Katolieke Kerk se gronde in Mandera, Kenia, geteiken het, het op 26 November buite die kerk se grensmuur ontplof. Die verteenwoordiger van International Christian Concern (ICC) in Kenia het met Christene in Mandera oor die voorval gepraat.

Eerwaarde Daniel Musemi van die Assemblies of God wat al 40 jaar lank in Mandera bedien, het gesê: “Ons dank God dat die bom sy teikens gemis het. Ons bid gereeld vir God se beskerming. Die Christene in Mandera het nog nooit tevore so kwesbaar gevoel nie, ’n groot aantal aanbidders kom nie meer kerk toe nie en verskeie kerke sal hulle deure moet sluit as die bedreiging voortduur. ”

Mandera lê naby die Keniaanse grens met Somalië en word die swaarste getref deur aanvalle in Kenia. Die afgelope paar jaar is daar groot aanvalle op Christene in Mandera geloods. In November 2014 is 28 Christene uit ‘n bus gedwing en deur Al-Shabaab-terroriste tereggestel. In Desember 2015, het Al-Shabaab nog ‘n bus gestop, hierdie keer is net twee Christene dood, omdat ander passasiers die Christene aan boord beskerm het. In Oktober verlede jaar het Al-Shabaab ses Christene vermoor en verklaar dat hulle Christene uit die gebied wil dwing.

“Ons is nou al vir ‘n maand paraat en ons het nie die afgelope twee Sondae vergader om te aanbid nie. Meer as 100 Al-Shabaab-vegters het die grens vermoedelik van Somalië oorgesteek en beplan om ‘n reeks aanvalle uit te voer. Hierdie mislukte poging om ‘n kerk op te blaas, was dalk een van hulle doelwitte gewees.” het Musemi gesê.

Tito Gathai, van Mandera, het met ICC oor die vervolging gepraat: “Ek het nege van my nabye vriende verloor toe die terroriste Mandera in 2015 en 2016 aangeval het. Ons lewe in die wete dat dit enige tyd met ons kan gebeur, maar wat ook al gebeur, sal so wees omdat die Here dit toegelaat het. Intussen sal ons voortgaan om te bid vir ons Moslem-vriende.”


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.