-deur Greg Wilson

7 Februarie 2019

President Donald Trump het ’n duidelike lyn getrek tussen sy party se beleid en sosialisme wat onder linkses te bespeur is. Hy het tydens sy staatsrede verklaar: “Amerika sal nooit ’n sosialistiese land wees nie”, terwyl talle Demokrate ongemaklik gelyk het met sy uitlating.

Trump se belofte kom juis nadat Demokrate ’n agenda vir “Medicare-for-all”, gratis tersiêre onderrig, verhoging van die minimumloon en selfs gewaarborgde basiese inkomste voorgestel het.

Trump het na die ramp in Venezuela verwys waar sosialistiese beleid “armoede en wanhoop” tot gevolg gehad het. Hy het belowe om ’n vryemarkekonomie in die VSA te handhaaf.

“Amerika is gegrond op vryheid en onafhanklikheid en nie op oorheersing en beheer nie,” het hy onder applous van die Republikeine gesê. “Ons is vry gebore en vry sal ons bly.”

“Vanaand bevestig ons ons vasbeslotenheid dat Amerika nooit ’n sosialistiese land sal wees nie,” het Trump bygevoeg.

Die Demokrate het grootliks bly sit toe die Republikeine vir ’n rukkie “USA! USA!” gejuig en hande geklap het.

Tog het die Demokrate genoeg rede gevind om ook vir talle van Trump se verklarings hande te klap.


Bron: foxnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.