-deur Hello Christian.com

5 Desember 2017

President Trump het verklaar dat Jesus Christus die ware rede vir Kersfees is by die geleentheid waar die liggies van die nasionale Kersboom aangeskakel is. “As president van die Verenigde State is dit vir my ’n groot eer om Amerika en die wêreld ’n baie geseënde Kersfees toe te wens,” het die president gesê.

“Van die begin af beskou Amerikaners Kersfees as ’n tyd vir gebed en aanbidding, vir dankbaarheid en welwillendheid, vir vrede en vernuwing,” het pres. Trump volgens CBN gesê.

“Vir Christene is dit ‘n heilige seisoen, die viering van die geboorte van ons Here en Verlosser Jesus Christus.”

Trump het verder gesê: “Die Kersverhaal het 2 000 jaar gelede begin met ’n ma, ’n pa, hulle babaseuntjie en die buitengewoonste geskenk van alles – die gawe van God se liefde vir die hele mensdom.”

“Wat ons geloofsoortuiging ook al mag wees, ons weet dat die geboorte van Jesus Christus en die verhaal van Sy ongelooflike lewe die verloop van die mensdom se geskiedenis vir ewig verander het. Daar is skaars ’n aspek van ons samelewing wat nie deur Sy lewe geraak is nie – kuns, musiek, kultuur, wette en ons respek vir die heilige waardigheid van elkeen in die wêreld. ”

“Ons erken elke jaar tydens Kersfees dat die ware gees van Kersfees nie gaan oor dit wat ons het nie; dit gaan oor wie ons is. Ons is almal kinders van God. Dit is die ware bron van vreugde hierdie tyd van die jaar,” het president Trump gesê.

“Dit is wat ons onthou tydens vandag se pragtige seremonie. Dat ons geroep is om mekaar te dien, mekaar lief te hê en vrede in ons harte en in die wêreld na te streef.”


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.