-deur Leo Shane III (5 dae gelede)

 10 Oktober 2018

President Donald Trump het Woensdag sy salaris vir die tweede kwartaal aan ’n nuwe inisiatief vir Kleinsake geskenk om militêre veterane wat entrepreneurs is te help. Dit is die tweede keer dat hy geld aan federale veterane-inisiatiewe skenk.

Amptenare van die agentskap beplan om die geld vir ’n nuweopleidingsprogram te gebruik. Die program help soldate wat teruggekeer het om hul eie besighede te begin. Die program sal gebaseer wees op die bestaande Emerging Leaders Initiative, maar is aangepas vir die spesifieke behoeftes van veteraan-soldate.

Die bestaande program sluit teorie in sowel “geleenthede vir kleinsake-eienaars om saam met ervare afrigters en mentors te werk, werkwinkels by te woon, en besigheidskontakte op te bou.” Die hoof van die agentskap, Linda McMahon, sê dit is ’n belangrike hulpbron vir veterane wat van die militêre omgewing by die burgerlike samelewing moet aanpas.


Bron: rebootcamp.militarytimes.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.