-deur Cip.nl

17 April 2018

“’n Historiese kans om godsdiensvryheid  en menseregte in Noord-Korea te bespreek”, noem Europese parlementariër, Peter van Dalen (ChristenUnie-SGP) die komende ontmoeting van die Amerikaanse president Donald  Trump met die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un. Hy hoop dat die gesprek oor meer sal gaan as missiele en kernwapens.

Trump en en kim Jong-un sal vermoedelik in Mei ontmoet om onder meer oor die kerkontwapening te praat. In plaas daarvan om net oor missiele en kernwapens te praat, moet die Amerikaanse president hierdie historiese geleentheid gebruik om ook die menseregtesituasie in Noord-Korea te bespreek. Omdat Noord-Korea sleg geraak word deur die ekonomiese sanksies, kan dit as ’n hefboom vir verandering aangewend word: die lig van sanksies vir konkrete verbetering van die godsdiensvryheid en menseregte in die land.

Die Noord-Koreaanse staat het talle misdade teen die mensdom gepleeg deur onder andere moord, onderdrukking, slawerny, gedwonge aborsie en vervolging weens politieke of godsdiensoortuiging.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.