-deur Jeffrey Schipper

3 Julie 2018

President Donald Trump kan vir die tweede keer ’n lid van die hooggeregshof aanwys. Dit is goeie nuus vir konserwatiewe Christen-Amerikaners wat vir Trump gestem het, berig De Tijd.

Konserwatiewes wil Christelike waardes in die regbank verseker. Die hooggeregshof het vroeër vandeesmaand byvoorbeeld reeds ten gunste van ’n bakker beslis wat weens sy godsdienstige gronde geweier het om ‘n troukoek vir ’n gay-egpaar te maak.

Die gematigde konserwatiewe regter, Anthony Kennedy, sal binnekort by die hooggeregshof uittree. Hy is in 1988 deur destydse president Ronald Reagan aangestel. Kennedy het hom egter in sekere belangrike besluite by liberale geskaar en het dus nie vriende in die konserwatiewe kamp gemaak nie. Hy het byvoorbeeld ten gunste van gay-huwelike gestem.

Die aangekondigde uittrede van Kennedy kan groot gevolge hê vir aborsiewetgewing in Amerika. Danksy Kennedy se invloed, is die reg op aborsie in 1973 erken. Trump se kandidaatregters is hoofsaaklik teen aborsie, vakbonde, strenger wapenwette en vrye immigrasie gekant.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.