13 September 2017
-deur Trans World Radio

Christen-media in die Midde-Ooste is ‘n seldsame kanaal waardeur Christene en Moslems vrylik oor die Christelike geloof kan praat. Trans World Radio ontvang jaarliks ​​duisende reaksies vanuit die Arabiese wêreld. Die direkteur van die TWR-Midde-Ooste vertel meer daaroor. 

“Die invloed van die media is groot, gelukkig ook in ‘n positiewe sin,” sê Nabeel Yousef*, TWR se direkteur vir die Midde-Ooste. TWR saai die Goeie Nuus in Arabies via toeps, aanlyn en op die radio uit.

Hoopvol in Jemen
Yousef vertel: “Ons het al geruime tyd kontak met Ali, van Jemen. Die eerste keer het hy geskryf: ‘Ek hou van julle programme. Hier in Jemen ly ons baie pyn en het ons behoefte aan vrede in ons harte en vir ons land. Julle praat van hoop en liefde. Hoe kan ek dit vind?’ Later skryf hy ook: ‘Ek wil ook julle Jesus leer ken. Vertel my meer en help my om dit te verstaan.’” Yousef vervolg: “Intussen het Ali Jesus as sy Verlosser aangeneem. Hy maak gereeld kontak met ons wanneer hy vrae oor die geloof het.” 

10 Reaksies per dag
Ali is nie die enigste nie. In die eerste helfte van 2017 was daar 1 840 reaksies op die program, Hoop vir Sirië. Reaksies kom vanuit die hele Arabiese wêreld met die meeste uit Egipte, gevolg deur Sirië.

* ʼn Skuilnaam weens veiligheidsredes


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.