Hiermee word jy vriendelik uitgenooi om saam met ons per luukse bus na Gauteng te reis en so deel te wees van nagenoeg vyf miljoen mede-Suid-Afrikaners wat op een dag en op een plek saam gaan bid en vertrou vir die genesing van ons land. Kyk gerus op hierdie skakel gatewaynews.co.za na die voorbereiding vir hierdie geskiedkundige saamtrek. 

Diegene wat al saam met ons getoer het na die FNB Stadion in Soweto (November 2016) en It’s Time in Bloemfontein (Maart 2017) kan getuig van ’n onvergeetlike geestelike reis.

Bespreek nou jou plek by Radio Tygerberg 104fm om teleurstelling te voorkom en nooi jou familie, vriende en kollegas saam.

Seëngroete

Radio Tygerberg 104fm


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.