8 Februarie 2018
– deur Cip.nl

Daar is verlede jaar byna honderd gevalle van geteikende geweld teen Christene in Duitsland aangeteken. Daar is ook een Christen vermoor – ‘n Afghaanse vrou wat haar tot die Christelike geloof bekeer het, berig die Reformatorisch Dagblad op grond van berigte in die Duitse media. 

In ‘n kwart van die gevalle was die geweld teen Christelike simbole gerig. Daar is ook hangertjies met kruisies aan van slagoffers se nekke afgeruk. Verskeie kerke is ook met graffiti ontsier. Die aantal gewelddadige voorvalle kan in werklikheid nog hoër wees. Volgens Geopende Deure was daar in 2016 in Duitse sentrums vir asielsoekers 743 gevalle van geweld teen Christene aangemeld.

Ook in Nederland vind voorvalle van geweld teenoor Christene plaas.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.