11 Januarie 2019

Die Amerikaanse rugbykommentator en voormalige NFL-speler, Tim Tebow, is verloof. Hy is bekend vir sy Christelike getuienis en uitlewing van sy geloof in sy sportmanskap.

Tebow het mej. Heelal 2017, Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters, gevra om met hom te trou. Die twee het die verlowing Donderdag op Instagram aangekondig. 

“Dit is wonderlik om my lewenservarings met iemand te deel wat my so goed verstaan en so ondersteunend is. Hy ondersteun my in alles wat ek aanpak. Hy is goedhartig en dit is vir my ’n eer om die lewe met hom te deel,” het Nel-Peters aan Fox gesê.

“Ek is net so geseënd, ek het baie om voor dankbaar te wees,” het Tebow gesê.

GodTV sê Nel-Peters is ‘n “vrou wat God werklik dien en eer.”


Deur Jessilyn Lancaster
Bron: www.charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.