-deur Steve Warren

11 Februarie 2019

Tim Tebow weet hoe om koelkop te bly onder druk. Die voormalige nasionale Amerikaanse rugbyspeler en verloofde van ons eie voormalige Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters het presies geweet hoe om te reageer toe iemand “Jesus” op ’n gholfbaan uitgeroep het – en dit is alles op kamera vasgelê.

Tebow het verlede week deelgeneem aan die Wrangler Celebrity Shootout in Atlanta ter steun van sy liefdadigheidsorganisasie se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid – “Night to Shine”.

Paul McAfee was die seremoniemeester vir die gholfgeleentheid. Hy het kommentaar gelewer terwyl elke bekende persoonlikheid tien balle afgeslaan het in ’n poging om $10 000 (± R136 000) vir die liefdadigheid van hul keuse te wen.

Die kamera het gerol toe McAfee ná een van Tebow se houe, “Jesus” uitgeroep het. Sonder om te huiwer het Tebow gereageer: “is lief vir jou!”

McAfee se twiet oor Tebow se reaksie het soos ’n veldbrand versprei met meer as 1,8 miljoen mense wat die twiet gelees het.


Artikelbron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.