-deur Suzette Gutierrez-Cachila

20 April 2017

Britse premier, Theresa May, het tydens haar Paasboodskap gepraat oor godsdiensvryheid en gesê mense moet in staat wees om vrylik oor hul geloof te kan praat, insluitend hulle geloof in Jesus Christus.

Me. May het almal aan die land aangemoedig om die land se “sterk tradisie” van “godsdiensverdraagsaamheid en vryheid van spraak” te handhaaf.

“Ons moet voortgaan om te verseker dat mense voel hulle kan oor hulle geloof praat, en dit sluit absoluut ook hulle geloof in Christus in,” het die eerste minister gesê. “Ons moet Christene en godsdiensminderhede regoor die wêreld in gedagte hou, wat nie dieselfde vryhede geniet nie, maar wat hulle godsdiens in die geheim en in vrees moet beoefen.”

Sy het ook gesê die mense moet “vol vertroue” oor die rol van Christenskap in die land wees.

“Met Paasfees dink ek aan die waardes wat ons deel  –  waardes wat ek tydens my kinderjare geleer het, waar ek in ‘n pastorie grootgeword het. Waardes van deernis, gemeenskaplikheid, burgerlikheid   ̶   die verpligting wat ons teenoor ons naaste het,” het sy bygevoeg.

Joernalis Alastair Campbell, redakteur van die New European, het me. May se boodskap gekritiseer en gesê die eerste minister moet versigtig wees om haar geloof met haar politiek te meng. “Ek dink selfs predikante se dogters moet ‘n bietjie versigtig wees om hulle politiek met hulle geloof te verbind,” het hy gesê. “As sy regtig dink sy lei ‘n verenigde land vol hoop…stel ek voor sy kom ʼn bietjie meer gereeld uit [in die samelewing].”

Byskrif: Foto: Reuters


Bron: gospelherald.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.