-deur CBN News

14 Junie 2017

Tennislegende, Martina Navratilova, het uitgevaar teen Margaret Court se kommentaar oor die tradisionele huwelik en het ʼn beroep gedoen dat die naam van ‘n arena wat na Margaret Court genoem is, verander moet word.

(Australië) – [CBN Nuus] Die tennislegende, Margaret Court, het in die 1960’s en 1970’s ‘n rekord van 62 ‘majors’ gewen in enkel-, dubbel- en gemengde dubbelspel   ̶  meer as enige manlike of vroulike tennisspeler in die geskiedenis van die spel.

Maar die 74-jarige se historiese loopbaan haal tans die nuus oor haar teenkanting teen gay-huwelike.

Die omstredenheid behels Court se brief aan die redakteur verlede maand, waarin sy haar mening gelug het teen die hoof- uitvoerende beampte van die lugredery, Qantas, Alan Joyce, weens sy maatskappy se steun vir gay-huwelike. Dit is nie wettig in Australië nie.

“Ek glo in die huwelik as ʼn vereniging tussen ‘n man en ‘n vrou soos dit in die Bybel verklaar word,” het Court in The West Australian geskryf. “Julle verklaring laat my geen ander opsie as om van ʼn ander lugdiens gebruik te maak, waar moontlik, vir my reise. Ek is lief vir alle mense en sal graag met julle direksie ontmoet,” het sy voortgegaan, “maar dit sal nie by Qantas wees nie. God seën.”

Sy het later aan ‘n Christen-radiostasie gesê dat tennis “vol lesbiërs is”. Sy het ook aan die 20Twenty Vision Christian Radio gesê toe sy professionele tennis gespeel het, het lesbiese spelers op die toer altyd probeer om jonger spelers te swaai en te beïnvloed.

Court is die hoofpredikant by Victory Life Centre in Perth, Australië. Die New York Times berig dat sy Sondag aan die gemeente gesê het sy het verlede week meer as 1 000 e-posse van regoor Australië ontvang ten gunste van haar standpunt. The Times berig Court het gesê dat sy sommige van die uitlatings wat sy op die Christen-radio gemaak het, betreur.

“Ek was 90 tot 95 persent in die Gees, maar van die dinge wat ek gesê het, was in die vlees, en ek het berou daaroor,” het sy gesê.

Gay-aktiviste in Australië en regoor die wêreld is ontsteld oor Court se uitlatings en daar is ‘n beroep gedoen om die Margaret Court Arena in Melbourne, waar die Australiese Opegespeel word, te hernoem.

In ‘n ope brief op die webwerf van The Sydney Morning Herald het Martina Navratilova uitgevaar teen Court se kommentaar en gevra dat die naam van die arena verander moet word.

Die New York Times het berig dat Court Sondag aan haar gemeente gesê het: “Dit gaan nie om die Margaret Court Arena nie. Dit gaan oor die waarheid.”

Byskrif: (Foto Krediet: CBN Nuus)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.