-deur Lindsay Elizabeth

13 September 2018

Dinsdag het ’n arend tydens ’n geleentheid om hulde te bring aan dié wat hul lewens verloor het in die 9/11- terreuraanvalle 17 jaar gelede, op ’n brandweerwa geland. Die majestueuse en skaars roofvoël het bo-op ‘n brandweerwa gaan sit wat op brug oor ’n snelweg geparkeer was in Minneapolis.

Die brandweermanne met hul brandweerwaens het byeengekom om hulde te bring aan die duisende mense wat in die aanvalle in 2001 oorlede is. Hulle het hul brandweerwaens op ‘n oorbrug in Coon Rapids, ’n voorstad in die noorde van Minneapolis, geparkeer toe die roofvoël sy opwagting gemaak het.

Die brandweerhoof, Jerry Streich, van die Andover Brandweerdepartement het die arend afgeneem waar dit bo-op een van die brandweerwaens op die brug gesit het en het die berig toe op Facebook geplaas.

“Is dit nie wonderlike nie?” het die brandweerhoof in die video gesê.

Die brandweer het ook ’n banier oor die brugreling gehang: “We will never forget,” sodat mense wat daar verbyry dit kon sien.

Die video is reeds deur meer as 3 miljoen mense gekyk en is 137 000 keer aangestuur sedert die brandweer dit op Facebook geplaas het.

An eagle landing on the Aerial truck during our 9/11 display! Media: Please feel free to share (Not edit) this video. The video was captured by Fire Chief Jerry Streich, Andover Fire Department #ATeam and has reached over 9.8 million views as of 9/17. To reach Chief J.Streich, contact at 763.767.5192

Posted by Andover Fire Department, MN on Tuesday, 11 September 2018

Foto: Andover Fire Department


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.