-deur Global Prayer Alert

17 Mei 2017

Die ‘suiwering’ ná afloop van die mislukte staatsgreep in Turkye gaan steeds voort en het in April nog ‘n slag geslaag. Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het ʼn verdere bykans 4 000 openbare amptenare ontslaan en het ook Wikipedia en sekere televisieprogramme verbied.

Wikipedia, ‘n gratis aanlynensiklopedie, is spesifiek geblokkeer omdat die Turkse regering sê die webwerf het geweier om inhoud en artikels te verwyder wat daarop sinspeel dat Turkye met terroristegroepe saamwerk.

Diegene wat afgedank of tronk toe gestuur is, sluit ook onderwysers, akademici, joernaliste, en pastore in (insluitend die gevange Amerikaanse pastoor, Andrew Brunson).

Turkye is 99,8% Moslem, met die ander 0,2% wat minderheidsgodsdienste, meestal Jode en Christene, verteenwoordig. Om ‘n Turk en ‘n Moslem te wees, word as sinoniem beskou.

Bid vir die gelowiges in Turkye om vas te staan, gevul te wees met die Heilige Gees en getroue getuies te wees.

Bid dat die regering nie op kerke sal toeslaan nie en dat God die Kerk sal beskerm teen aanvalle van radikale Moslems.

Bid vir wette wat dit moontlik maak vir die Kerk om te funksioneer en te groei. Niks is onmoontlik vir die Een wat Almagtig is nie.


Bron: us6.campaign-archive1.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.