16 Maart 2017
– deur Veronica Neffinger

Die agt hulpwerkers van Samaritan’s Purse wat in Suid-Soedan ontvoer is, is vrygelaat.

Vroeër vandeesweek het berigte die rondte gedoen oor die gyselaarsituasie. Suid-Soedan beleef ‘n ernstige hongersnood en daar is bespiegel dat rebelle die hulpwerkers gevange geneem het sodat hulle voedselvoorrade kon eis vir die vrylating van die gyselaars.

Soos ChristianHeadlines.com vroeër berig het, staar 100 000 mense hongersnood in die gesig in een van die land se provinsies. 

CBN News berig egter dat die gyselaars reeds vrygelaat is. In ‘n verklaring het Samaritan’s Purse gesê hulle is “dankbaar teenoor God vir die veilige vrylating van ons personeel in Suid-Soedan, wat in die Mayendit-gebied van Suid-Soedan deur gewapende rebelle aangehou is. Hulle is almal Dinsdagmiddag vrygelaat,” het die verklaring gelui.

Strydig met die bespiegelings, het die ontvoerders nie voedselvoorrade of enige ander losprys geëis nie. 

Volgens ‘n VN-verslag is daar benewens die 100 000 mense in die provinsie wat honger in die gesig staar, meer as sewe miljoen mense in die res van die land wat noodbystand benodig.

Benewens die hongersnood, gaan Suid-Soedan ook gebuk onder gevegte tussen die regering en rebelle. Honderde duisende mense is verplaas.

Foto met vergunning: Samaritan’s Purse


Bron: www.christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.