-deur Gateway News

28 Augustus 2017

’n Beroep is aan Christene gerig om aan te sluit by ’n veldtog wat Jesus Christus vir 40 dae lank (24 Sept. – 3 Nov.) in Gees en Waarheid (Joh. 4:24) regoor Suid-Afrika sal aanbid; met spesiale fokus op georganiseerde gebeure in Kaapstad.

Dit sal ‘n tyd van gefokusde en intense aanbidding vir die Kerk van Christus wees, en ook ‘n persoonlike verbintenis tussen elke aanbidder en die Vader, sê die organiseerders van 40 dae van aanbidding wat gelei word deur Francis Lira, ‘n sendeling uit Brasilië, wat die oproep tot aanbidding geloods het in reaksie op profetiese visioene wat hy in 2012 en 2015 ontvang het. Hy en die projekspan glo die visioene ander profetiese woorde wat oor Suid-Afrika uitgespreek is, tot so ver terug as 108 jaar gelede – dat die vuur van God se heerlikheid in Kaapstad sal ontvlam en vandaar dwarsdeur Suid-Afrika, deur Afrika en na alle nasies sal versprei.

Alle aktiwiteite – soos aanbidding in winkelsentrums en by strande – wat deur die organiseerders beplan word, sal in en om Kaapstad gefokus word, maar aanbidders van ander gebiede word aangemoedig om hulle eie aktiwiteite te organiseer om Jesus te aanbid waar hulle is en hulle te verbind met die 40-Dae Van Aanbidding-span in Kaapstad om hulle getuienisse en te deel, en deel te neem aan lering wat aanlyn aangebied sal word.

Meer inligting oor 40-Dae Van Aanbidding en hoe om betrokke te raak, is beskikbaar op die webwerf www.global-worship.com.


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.