11 Maart 2018

Na die eerste sewe dae in fliekteaters staan die nuwe Suid-Afrikaanse geloofsfilm, The Roar ‘n uitstekende kans om tussen die Top 10 gewildste films te beland, wat tans in Suid-Afrika vertoon word. Dit is nou in die elfde plek en kan die naweek sy merk maak. Gemeet aan die internasionale films waarmee daar tans meegeding word is dit ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n fliek in hierdie genre. 

Volgens die loket-syfers van die fliek se eerste week op die kringloop, hou Suid-Afrikaners versker van die boodskappe oor ‘n meer doelgedrewe lewe, ouer- en kind verhoudings, asemrowende Suid-Afrikaanse natuurskoon en die waarheid oor die skokkende stand van renosterstropery in die land, wat die fliek weerspieël.

The Roar is deur die filmmaker, Frans Cronjé vervaardig. Hy was voorheen ook verantwoordelik vir Faith like Potatoes – wat na raming nou reeds in 17 tale deur meer as 400 miljoen mense gesien is -, Hansie, Baroudeur en Born to Win.

“Ons het meer as twee jaar nodig gehad om die verfilming en redigering van The Roar te voltooi en so ‘n wêreldklas produk te verseker“, sê Cronjé.

“Ons wil graag die kernboodskap oor ‘n doelgerigte lewe en die voordele daarvan vir die gemeenskap waarin ons leef, so wyd as moontlik versprei. Die fliek en ‘n boek, “Ontdek jou Lewensdoel’, wat ek ter ondersteuning van ons film en die Nasionale Lewensdoel Veldtog voltooi en onlangs vrygestel het, is gereedskap om die gehalte van lewe as Suid-Afrikansers te verbeter”, sê Cronjé.

“Die oomblik as ek my unieke lewensdoel verstaan en dit leef sal ek ook ander Suid-Afrikaners kan bystaan om hul eie lewensdoel en talente te ontdek en uit te leef, om groter vervulling in hul bydrae te kan geniet.” 

Hy het bevestig dat The Roar, wat na verwagting minstens nog twee weke in fliekteaters sal draai beskikbaar gemaak word aan landelike en diep landelike gemeenskappe regoor die land vir fondsinsameling projekte deur gemeenskappe, kerkgroepe en welsyninstansies. Organisasies wat belangstel in meer inligting kan die vervaardiger kontak by info@globalcreativefilms.com.

Groepe van twintig of meer wat beplan om The Roar in teaters te sien kan skryf aan  bookings@globalcreativefilms.com vir bystand met afslagvoordele.

MEDIANAVRAE, FOTO’S of AKTEUR ONDERHOUDE: Jan Greyling — 082 556 8778 / jan@globalcreativefilms.com 
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.