-deur Errol Naidoo

7 Februarie 2018

Die twee grootste politieke partye in Suid-Afrika bevind hulle tans in ‘n leierskapskrisis weens  morele dubbelhartigheid. Albei partye ondersteun en bevorder goddelose beleid in die land.

Die ANC en die DA bevorder liberale sekulêre humanistiese ideologieë wat God se morele wette verbreek om ʼn luide minderheid tevrede te stel. As gevolg van die partye se verwerping van God se Woord het beide politieke partye en almal wat hulle voorbeeld volg, die saad van hul eie ondergang gesaai.

Die ANC se top-leierskap probeer maniere vind om Jacob Zuma se rampspoedige presidentskap te beëindig – ‘n presidensie wat die nasie tot op die randjie van ekonomiese ineenstorting gebring het.

Onder pres. Jacob Zuma se leierskap het die bevrydingsbeweging wat voorheen wêreldwye aansien geniet het, meer soos ʼn georganiseerde misdaadsindikaat opgetree as die regerende party van ‘n groot demokrasie. Die ANC.

Die amptelike opposisie, die DA, ondersoek ook korrupsie binne sy eie geledere in die Stad Kaapstad. Die DA se wanbestuur van die stad se waterkrisis het ook groot leierskapsprobleme blootgelê.

Tragies genoeg geniet beide die ANC en DA die ondersteuning van miljoene Christelike burgers, ten spyte van die waarskuwings van die Skrif. Die vraag is: Met inagneming van die politieke en morele chaos van die afgelope vyf jaar, sal Christen-kiesers in 2019  hulle na Bybelgebaseerde politieke leiers wend?

Gelukkig is daar ook goeie nuus. Die Portefeuljekomitee vir Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake (COGTA) in die parlement het die KGT-kommissie se voorstel verwerp om konstitusionele toesig aan die KGT toe te staan om godsdiensgroepe in Suid-Afrika te lisensieer en te reguleer.

Die verdediging van godsdiensvryheid in SA is van kardinale belang, maar om vir godsdiensvryheid te veg, terwyl die toenemende gebrek aan integriteit en geloofwaardigheid in die Kerk geïgnoreer word, is verkeerd.

Die Bybelgelowige biddende Kerk is die sterkste organisme in die land. Dit het die potensiaal om elke sektor van die samelewing te lei en te beïnvloed  tot voordeel van alle burgers.

Die Kerk van Christus moet in tye van nasionale onrus met moed die leiding neem. Maar ‘n Kerk wat vasgevang is in sy eie krisis, is in gevaar. Daarom moet die Kerk sy tekortkominge dringend  konfronteer.

Daar is nou dringend manmoedige morele leierskapnodig in Suid-Afrika. Dit is tyd vir die Kerk om daardie leiding te bied!


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.