6 Julie 2018

Die ACDP-LP, Cheryllyn Dudley, het onlangs in die parlement gesê daar is eenparig ooreengekom dat daar ’n gesamentlike poging sal wees om nie net skok en afgryse uit te spreek oor die aanvalle op kinders nie, maar daadwerklike hulp en beskerming aan hulle te bied. “Dit moet ons dringende prioriteit wees,” het sy gesê. Ons kan nie soos gewoonlik voortgaan terwyl soveel kinders se lewens ’n lewende hel is nie.” 

Die ACDP het mense hiervan bewus gemaak en:

  • gesê statutêre verkragting word toegelaat omdat huidige wette meisies 12 jaar en ouer nie beskerm nie.
  • ’n beroep gedoen vir die begroting om groter getalle maatskaplike werkers in diens te neem
  • gevra vir ’n volskaalse ondersoek na die koste van openbare gesondheidskostes en die sosiale gevolge van volwassenes se gebruik van en blootstelling aan pornografie

Dudley, lid van die Portefeulje Komitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, het tydens inligtingsessies oor stappe wat geneem is om die stygende statistiek van verkragting en ontvoering van kinders te hanteer, die departement van maatskaplike ontwikkeling; die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir Geslagsgelykheid sowel as die komitee gevra om ondersoek in te stel na watter rol wetgewing speel dat statutêre verkragting toegelaat word deur dié wat dit eintlik moet blootstel en jongmense moet beskerm.

“Ons het ’n situasie waar iemand wat ’n 12-jarige seksueel misbruik, hulle ook kan neem vir ’n aborsie en geen vrae sal gevra word nie,” het sy gesê. 

Sy het ook gesê: “Pornografie-gebruik kom algemeen in Suid-Afrika voor. Ons is in die top-20 van alle lande ter wêreld en ons is nommer 1 betreffende toegang tot pornografie via slimfone. Geloofwaardige navorsing bevestig die verband tussen pornografie en geweld teen vroue en kinders. Om potensiële verkragters toegang tot pornografie te verleen, verhoog ook die kanse dat hulle iemand sal gaan verkrag.

Die ACDP het ‘n geroep gedoen vir ’n volskaalse ondersoek na die openbare gesondheidskoste en sosiale gevolge van volwassenes se gebruik van en blootstelling aan pornografie. “Ons glo dit sal die onmeetlike skade wat dit veroorsaak aan die lig bring.”


Geskryf deur: Cheryllyn Dudley, ACDP MP
Artikel Bron: ACDP, joynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.