6 Julie 2018

Veldtogte teen sendingaktiwiteite in Rusland neem toe en word grotendeels teen Protestante gerig, het ’n menseregtegroep gewaarsku. Twee Afrika-studente is onlangs ingelig dat hulle gedeporteer sal word omdat hulle aan ’n aanbiddingsvideo’s in Nizhny Novgorod deelgeneem het.

Die Federale Veiligheidsowerhede van die Russiese Federasie het die studente se Pinksterkerk, Jesus Embassy, beboet en die studente is ingelig dat hulle die land teen die einde van die maand moet verlaat, berig Forum 18, ’n Noorweegse groep wat oor godsdiensvryheid rapporteer. 

’n Prokureur, Vladimir Ozolin, het gesê dat aanklagte van onwettige sendingaktiwiteite – wat gevolg het op video’s van aanbiddingsdienste waarin die studente verskyn het – “heeltemal onwettig is”.

“Ek hoop dat die aanklagte gebaseer is op die onnoselheid van die siloviki (met verwysing na die veiligheidsowerhede), anders ondergrawe dit die gesag van Rusland in die internasionale arena,” het Ozolin bygevoeg.

Forum 18 het daarop gewys dat ’n hele aantal ander Protestante in Nizhny Novgorod geteiken is sedert die “antisendingwet” in Julie 2016 van krag geword het. Die Russiese regering beweer dat dit daarop gerig is om terreuraktiwiteite hok te slaan.

Die wet verbied enigeen om hul geloof op enige ander te plek te verkondig behalwe in ’n “huis van aanbidding” wat deur die staat goedgekeur is, dit het gelei tot die inhegtenisname van sommige Christen-leiers.

Ozolin het gesê volgens hofdokumente het 50 streke in Rusland in 2017 oortreding van die anti-sendingwette aangemeld, met Nizhny Novgorod waar daar agt afsonderlike ondersoeke geloods is. 

Prokureur Aleksey Vetoshkin, wat in verskeie sake betrokke was, het aan Forum 18 gesê dat die owerhede ’n besondere belangstelling in Jesus Embassy asook Protestante het.

“Ná hierdie druk het die aantal Afrika-gemeentelede van 150 tot 20 gedaal,” het Vetoshkin gesê.

Nizhny Novgorod is een van die gasheerstede vir die Wêreldbekertoernooi in Rusland in 2018. Die massiewe sokkertoernooi, wat miljoene aanhangers van oor die wêreld lok, het geleenthede vir evangelistiese veldtogte gebied.

Mission Eurasia het gesê dat 400 kerke by sy uitreikpogings aangesluit het, terwyl hulle 600 000 pamflette met Skrif gedurende die maandlange toernooi versprei sal word.


Geskryf deur: Stoyan Zaimov
Artikel bron: www.christianpost.comjoynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.