-deur Hendriëlle de Groot | Cip.nl

7 Desember 2017

’n Leier van Students for Life is tydens ‘n vreedsame pro-lewe-optog in Roanoke, ‘n stad in die Amerikaanse staat Virginia, aangeval deur ‘n vrou wat aanstoot geneem het oor die boodskap wat die groep studente besig was om te versprei. Die voorval het plaasgevind in die omgewing van Planned Parenthood, ‘n organisasie wat aborsie voorstaan. Die aanval is op kamera vasgelê.

Die Katolieke Nuusagentskap berig dat Kristian Hawkins, die voorsitter van Students for Life van Amerika, gesê het dit is nie die eerste keer is dat hulle aangeval word nie. “Oral in die land is daar ’n toename in voorvalle van vandalisme en geweld teenoor ons vreedsame pro-lewensboodskap. Ons bid vir die beskerming van dié wat hulle tyd daaraan wy om ’n stem te wees vir onskuldige, ongebore kinders en hulle moeders.”

Die vrou wat aangeval is, Purity Thomas, is na die hospitaal geneem waar sy later dieselfde dag ontslaan is.

“Hierdie daad van geweld teen ‘n groep vreedsame pro-lewe studente wat liefde en ondersteuning aan swanger vroue bied, is ‘n hartseer weerspieëling van die huidige stand van sake,” sê Kristan Hawkins.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.