-deur Lukas ten Napel

10 Januarie 2019

Die evangeliese kerk in Spanje groei. Volgens Evangelical Focus het daar verlede jaar sowat tweehonderd nuwe evangeliese kerke in die Suid-Europese land hul deure geopen. Die Spanjaarde kan gemiddeld reken op sestien nuwe gemeentes per maand.

In 2017 was daar vir die eerste keer meer as vierduisend plekke waar evangeliese gemeentes hulle gevestig het. Die toename het in 2018 voortgeduur, ondanks die feit dat dit moeilik is om in Spanje toestemming te kry vir die oprigting of vestiging van plekke waar evangeliese kerkdienste gehou kan word.

Aanbiddingsplekke van godsdiensminderhede in Spanje 2011-2018

Die evangeliese kerk is egter steeds een van die minderhede in Spanje. Die Rooms-Katolieke Kerk neem die voortou en het meer as 23 000 kerke. Meer as die helfte van die Spanjaarde is lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.