20 Augustus 2018

Met die druk wat Engels op Afrikaans uitoefen, is stewige Afrikaanse name vir besighede ook aan die kwyn. Dit is tog jammer dat die oulike name stadig maar seker vervang word deur Engelse name. Ek was die naweek op Napier en het gaan inloer by die Platteland se Mooi, die Melkstal en Tolbos Kontreiwinkel.

Stem gerus in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam.

Die wenner sal op 31 Augustus aangekondig word by die WAT se volgende Woordpret. Jy kan vir drie name stem. Klik net op die volgende skakel: goo.gl

Bron: docs.google.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.