-deur Will Maule / Faith Wire

17 Mei 2018

Toenemende geweld in Mianmar het byna 7 000 Christene sonder huisvesting gelaat. Aan die begin van April het ’n hernieude golf van gevegte tussen die rebellevegters van die noordelike staat, die Kachin Independence Army (KIA) en regeringsmagte al hoe meer gesinne uit hul huise verdryf.

Hoewel die oorlog in Mianmar geassosieer word met die Rohingya-krisis, is daar ook duisende Christene wat in die noordelike streke ly as gevolg van die voortgesette burgerlike konflik. Dit is skokkend dat die gebied steeds deur die meeste internasionale media oor die hoof gesien word.

Ten spyte van die gebrek aan publisiteit rondom die lot van die Christene in Mianmar, het die situasie in Kachin-staat so vererger dat die VN uiteindelik begin kennis neem het. “Wat ons die afgelope paar weke in die staat Kachin sien, is onaanvaarbaar en moet dadelik stop,” het mnr. Yanghee Lee, die VN se menseregtedeskundige vir Mianmar, gister gesê.  “Onskuldige burgerlikes word vermoor en beseer, en honderde gesinne vlug nou vir hul lewens.“

Elders in die Kachin-staat vlug burgerlikes uit hulle hul dorpe op die rûe van olifante terwyl  geweervuur hul gemeenskappe nader.

“Baie bly vasgevang in gebiede waar gevegte woed word en die enigste weg uit is uiters moeilike ontsnappingsroetes deur berge en woude – hulle benodig humanitêre ondersteuning,” het Roberta Colville, woordvoerder van die kantoor van die VN se hoë kommissaris vir menseregte, gesê. “Ons moedig alle partye aan om menseregte en internasionale humanitêre wetgewing ten volle te respekteer, om die beskerming van burgerlikes ten alle tye te verseker.”

Die verwoeste gebied het ’n ernstige behoefte aan humanitêre hulp. Maar mnr.  Zaw Htay, die hoofwoordvoerder van die Mianmar-regering het na wat berig word, geweier om kommentaar te lewer toe hy uitgevra is oor toestemming vir hulpagentskappe om  toegang te verkry tot die duisende geteisterde burgerlikes. Dit is dieselfde man wat, toe hy gevra is oor die regering se gewelddadige optrede teenoor vlugtende burgerlikes, geantwoord het: “As hulle jou leed gaan aandoen, kan jy hulle skiet.”

Die politieke ontleder en skrywer, Stella Naw, is verstom oor die gebrek aan reaksie van die internasionale gemeenskap op die massa-uittog van Christene uit die noordelike staat. “Dit is ’n oorlog waar burgerlikes stelselmatig geteiken word deur lede van die Birma-leër … [maar] die internasionale gemeenskap hou hulle blind,” het sy geskryf.

“Dit is ’n onsigbare oorlog,” het San Htoi, die sekretaris van Kachin Women’s Association Thailand, gesê. Sy het beklemtoon dat die onlangse besoek van die veiligheidsraad van die VN slegs die Rakhine-state ingesluit het. “Hulle het die land verlaat sonder om te weet [van Kachin],” het sy opgemerk.

Nhkum Tang Goon, sekretaris van Myitkyina vir die antidwelmvigilantegroep, Pat Jasan, het die situasie beskryf as “niks anders as ’n stadige volksmoord nie.”

“Die regering het ’n doelwit voor oë,” sê hy. “Ons voel dit is etniese suiwering. Ons dring by die Birmaanse regering en militêremagte aan om hierdie aanval te stop en ’n ware politieke dialoog met die Kachin en ander etniese groepe te begin. Ons doen ’n beroep op die internasionale gemeenskap om die bombardement van godsdienstige en opvoedkundige sentrums te veroordeel en om druk op die regering van Birma uit te oefen om ongehinderde humanitêre toegang tot alle dele van Kachin en die noordelike Shan-state te verleen, “het Christian Solidarity Worldwide se  uitvoerende hoof, Mervyn Thomas, gesê, soos berig  deur Premier UK.

Mianmar is sedert sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk in 1948 as die “Unie van Birma” in verskeie vorme van burgerlike konflik betrokke. Die konflik is geklassifiseer as die wêreld se langste burgeroorlog.

Bid vir almal wat vir die geweld vlug, en vra God dat hy vrede in die streek sal bring.

(H / T: The Guardian)


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.