Deur Katholiek Nieuwsblad

9 Junie 2017

Godsdiens vryheid in Spanje is  toenemend onder druk. Die Spaanse organisasie vir godsdiensvryheid (OLRC), skryf in ‘n verslag dat daar in 2016 ‘n toename van voorvalle was waarby godsdiensvryheid in geding was. In 2015 het OLRC 187 voorvalle gedokumenteer,  en in 2016 het daar 208 voorvalle plaasgevind.

Die voorsitster, Maria Garcia,  het aan die Spaanse koerant, ABC, gesê die toename in voorvalle is onrusbarend. “Die aggressiewe ingesteldheid wat aangedryf  word deur enkele linkse radikale partye lei tot ‘n toename van onverdraagsaamheid in die openbaar en tot die bespotting van gelowiges.”

https://cip.nl/62913-spaanse-organisatie-bezorgd-vanwege-afnemende-religieuze-vrijheid

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.