-deur Heather Sells

1 Januarie 2019

Sewe uit tien Amerikaners gebruik sosiale media, wat beteken dat wie ook al op Facebook skryf en die programme vir Facebook agter die skerms hanteer, enorme mag en invloed uitoefen. Dit is waarom Kalifornië se Bethel-kerk die Bethel School of Technology gestig het.

Die skool bied ’n aanlyn kursus aan wat gemik is op IT-spesialiste wat hul tegniese opleiding en geestelike groei wil kombineer om uitstekende vaardighede en Bybelse waardes in sosiale media-maatskappye te gebruik.

Die Bethel-pastoor en stigter van die School of Techonology, Kris Vallotton, het aan CBN News gesê Bethel wil hê dat gelowiges die denke van die kultuur moet help vorm.

“Hoe kan ons die ingesteldheid van gemeenskappe verander? Hoe verander ons die denke van die samelewing?’ het Vallotton gesê. “Jy kan nuwe wette skep, jy kan mense in politieke poste plaas, maar as jy nie mense se denkwyse verander nie, gaan die kultuur nie verander nie.”

Die kulturele verskuiwing na digitale media het vinnig gebeur. In 2005 het die Pew Research Centre vir die eerste sosiale media-gebruik gemeet en gevind dat net 5 persent Amerikaanse volwassenes minstens een digitale media-platform gebruik het. Die getal het in 2011 tot meer as 50 persent gestyg en vandag gebruik meer as tweederdes van die publiek ’n tipe sosiale media.

Facebook word steeds die mees gebruik, maar Twitter, Pinterest, Instagram en LinkedIn is ook gewild.

Vallotton beskou hierdie platforms en die wêreld van inligtingstegnologie as die nuwe sendingveld. “Wat as ons digitale sendelinge oplei en hulle stuur soos ons mense na Afrika en Indië stuur?” het hy gesê.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.