-deur Jericho Walls

16 Februarie 2017

Die huidige president van Jakarta Indonesië, Basuki Tjahaja Purnama, of Ahok, soos hy algemeen bekend staan, is onlangs van godslastering (teen die Koran) beskuldig en het op die aanklagte tereggestaan. Sedertdien is hy minder gewild in die meningsopnames, maar ‘n Moslemleier het ‘n beroep op Katolieke gedoen om te verseker dat hulle gaan stem vir Ahok. Die leier het die positiewe veranderinge geloof wat Ahok binne gemeenskappe bewerkstellig het, veral sy stryd teen die korrupsie wat algemeen in die regering voorkom. Die Moslemleier bemoedig die bevolking om vir ‘n “brawe” kandidaat te stem wat sal voortgaan om positiewe verandering teweeg te bring. (Bron: Persecution.org). Bid asseblief vir ‘n regverdige verhoor vir Ahok en dat hy nader aan die Here sal groei gedurende hierdie tyd.


Bron: globalprayerwatch.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.