(19 Januarie 2016)

Sondagskole mag verbied word om die Bybelse siening van die huwelik te verkondig, volgens  voorstelle om hulle aan die Ofsted-inspeksie te onderwerp, het Konserwatiewe LP’s gewaarsku.

Die regering het voorstelle uiteengesit wat baie “buiteskoolse” instellings sal dwing om registrasie en inspeksie te ondergaan. In ‘n brief aan The Telegraph het Sir Gerald Howarth, David Burrowes, Fiona Bruce en Gary Streeter gesê dat die veranderinge, soos uiteengesit in ‘n konsultasie deur die departement van onderwys, ‘n “ernstige nadelige uitwerking op die vryheid van godsdiensorganisasies kan hê. ”

Uitdaging aan gevestigde Christelike onderrig

Christelike groepe is bekommerd oor “die vooruitsig van ‘n Ofsted inspekteur wat vergaderings waarneem en dan sanksies  instel teen die uitdrukking van tradisionele standpunte oor sake soos die huwelik,” het die brief gelui.

“Dit kan gevestigde Christelike onderrig ondermyn. Bedreiging van Britse waardes kom  ​​oorweldigend vanuit sekere Islamitiese groeperings.


Bron: www.charismanews.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.