4 Februarie 2019

Deur dr. Arno van Niekerk

My medegelowiges, daar heers ’n geestelike stryd om die hart en siel van Suid-Afrika. Slegs God se kinders weet hoe om die goeie stryd van geloof te veg en te wen.

Die bose sal ontwortel word as ons verenig! Die tyd het aangebreek vir die lig om die duisternis in Suid-Afrika te verjaag! U sal op hoogte gehou word van hoe sake ontwikkel noudat Christene se stemme amptelik begin verenig.

Daar is miljoene van ons – die stem van miljoene Christene kan nie meer stilgemaak word nie!

Binne slegs een week het ek 25 858 “JA”-antwoorde ter steun van die Christelike Konsensus in Suid-Afrika ontvang (Sien vorige nuusberig joydigitalmag.com)

Aangesien reaksie daarop nog steeds instroom, is die sperdatum verleng tot 10 Februarie 2019. Daarna sal ons die data finaliseer om dit na partyleiers te neem en aan te bied met die versoek om iets soos ’n Christelike Koalisie / Alliansie te vorm wat gebaseer is op die tien punte van konsensus.

Dit sal ons stemme tydens die verkiesing meer slaankrag gee en dit ’n werklike moontlikheid maak om vir ’n groot (positiewe) verrassing in die verkiesings te sorg. Die mense van die land praat, en leiers moet luister.

Eenheid is die enigste weg vorentoe as ons ’n volskaalse ommekeer in Suid-Afrika wil sien.

Buiten hierdie punte wat ’n instrument is om Christene te verenig, is die goeie nuus – as hierdie tien punte suksesvol toegepas word, Suid-Afrika sal verander!

Die tyd het aangebreek dat God se kinders hul stem dik maak en verenig vir ware verandering!

Bid asseblief intensief vir deurbrake en dat die tien punte soos ’n veldbrand sal versprei!

Elke Christen in Suid-Afrika moet die geleentheid hê om “JA” te sê!

(SMS of WhatsApp “JA” na 082 608 5711.)

Staan op kinders van God

Alles tot eer en verheerliking van Sy Naam!

Dr. Arno van Niekerk


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.