4 Februarie 2018
– deur Good News Network

Twee labradoodles  (ʼn kruising tussen ʼn Labrador en ʼn poedel) word as helde beskou nadat hulle gehelp het om ‘n bejaarde vrou te red wat buite in die sneeu verdwaal het.

Eva en Adam het hulle eienaars Saterdagoggend omstreeks 4:30 wakkergemaak om buite toe te gaan. Die honde het aan hulle eienaars se klere gepluk en getjank om buite toe te gaan. 

Susan en Lonnie Chester was verras deur hulle honde se ongewone gedrag en het die voordeur vir hulle oopgemaak sodat die honde kon uitgaan. Voordat die deur nog heeltemal oop was, het Adam en Eva uitgehardloop en die Chesters na ‘n ouer vrou gelei wat niks aangehad het behalwe haar nagrok nie.

Die vrou, wat gelyk of sy in haar laat 80’s kan wees, het in die sneeu naby die Chesters se bakkie gesit.

“Sy het na my gekyk en gesê: ‘Ek kry so koud,’” het Lonnie vertel. “Ek het geen idee hoe lank sy daar buite was nie. Sy moes baie bang gewees het.”

Lonnie het die vrou na binne geneem, haar met komberse toegemaak en 911 gebel. Kort nadat noodpersoneel by die huis opgedaag het, het die vrou se familie ook aangekom om saam met haar na die hospitaal toe te gaan. 

Volgens die Nasionale Weerdiens het die temperatuur in Norvell, Michigan, so laag as -12 grade Celsius gedaal.

“Ons is so trots op ons honde omdat hulle ‘n lewe gered het. Dit kon ‘n tragiese verhaal gewees het as Adam en Eva ons nie wakker gemaak het nie.”


Article source: www.goodnewsnetwork.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.