-deur Kayla Root

14 September 2018

Rebelle wat bande het met Al-Kaïda het onlangs ’n oorwegend Christelike dorp in Sirië geteiken en missiele afgevuur wat ten minste tien mense gedood het.

Al-Masdar News het berig dat die djihadistiese rebelle verlede week die aanval geloods het in reaksie op ’n grootskaalse opbou van Siriese weermagtroepe in die noordweste van Sirië. Die bomaanvalle het meestal vroue en kinders gedood en minstens 20 ander ongewapende burgerlikes verwond.

Volgens die Siriese Observatory for Human Rights was ’n ma, haar drie kinders, hul ouma, sowel as twee ander susters en drie ander mense onder die wat gedood is.

“Die bloedbad van onskuldige Christelike burgerlikes, insluitende kinders, in Mhardeh is ’n tragedie van groot afmetings,” het Claire Evans, streekbestuurder van International Christian Concern, op hul webtuiste geskryf.

“Die Siriese burgeroorlog het Christene disproporsioneel geraak, aangesien hulle van alle kante en faksies geteiken is. Terwyl die Siriese oorlog die dodelikste konflik tot op hede binnegaan, moet ons die Christene wat vasgevang is in die streek in ons gebede hou. ”


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.