3 Februarie 2018

Helen Zille het die afgelope week ouers en skoolhoofde verseker dat die provinsiale regering water aan skole sal voorsien in droogte geteisterde provinsie en dat alles gedoen sal word om skole nie te sluit weens water te korte nie. 

Die Premier het die aankondiging Woensdag  gemaak.

Volgens ’n berig op SA People het sy gesê daar is ‘n 60 persent kans dat Dag Zero (wanneer die gemiddelde watervlak van damme in die munisipale gebied 13.5% vol is) sal aanbreek, maar dat “wat ook al gebeur, ons van plan is om skole oop te hou.”

“Ons moet ons skole op Dag Zero oophou en onderrig moet voortgaan,” het sy gesê en bygevoeg dat waterbestuursplanne in skole noodsaaklik sal wees.

Volgens die berig het 407 skole boorgate, waarvan 99 nie funksioneel nie; 58 skole het drinkwater. 

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sal elke dag 23 miljoen liter water vir meer as 1 miljoen leerders (1 116 516) en 32 000 onderwysers in 1 506 skole moet verskaf as Dag Zero aanbreek.


Bron: SAnews.gov.za, www.sapeople.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.