-deur cip.nl

14 Maart 2018

Die Rwandese polisie het ses Christelike predikers gearresteer omdat hulle beplan het om teen ‘n onlangse regering se besluit te protesteer. Die regeringsbesluit behels dat meer as  700 kerke gesluit moet word omdat hulle nie aan die veiligheids- en gesondheidsregalusies voldoen het nie, berig The Christian Post.

AFP berig dat owerhede in die Afrika-land Dinsdag aangekondig dat hulle ses ‘meesterbreins’ in hegtenis geneem het wat  die sluiting van 714 kerke en ‘n moskee, wat as onveilig, onhigiënies en lawaaierig  bestempel is , wou voorkom.

Die regering beskuldig die pinkstervoorgangers daarvan dat hulle byeenkomste  hou in weerwil van die bevel wat die vorige week uitgevaardig is.

“Na die kerke wat nie aan die vereiste standaarde voldoen het nie, beveel is om te sluit, het sommige kerkleiers steeds onwettige byeenkomste gehou ,” sê die woordvoerder van die Nasionale polisie van Rwanda, Theos Badege. “Die polisie het begin ondersoek instel om die leiers agter hierdie onwettige optrede, te vind.”

Badege het bygevoeg dat die sluiting veral Pinksterkerke raak. Die kerke is gevra om hul aktiwiteite te staak, totdat hulle aan die vereistes voldoen.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.