-deur Emily Jones / CBN News

11 Junie 2018

Hele dorpies is begrawe in vulkaniese as en modder ná die vulkaniese uitbarsting waarin sowat 100 mense dood is en 200 verlede Donderdag nog vermis was.

Baie oorlewendes het na plaaslike skuilings gevlug.

CBN News het met ’n sendeling van die Sionskerk, Kim Weiler, gepraat. Sy sê die meeste mense is steeds geskok. “Bykans die hele dorpie se mense is dood – hulle weet nog nie hoeveel nie, maar hulle sê tientalle gesinne is dood. Ander het dit gemaak tot hier en ons bid nou vir hulle – bid saam met ons,” hy het gesê.

Baie van die mense wat oorleef het, het ernstige brandwonde opgedoen – insluitend kindertjies.

Een van die mees hartverskeurende stories was van ’n vrou wat sê dat sy 40 lede van haar familie in een dorpie verloor het.

“Sy het met haar eie oë gesien hoe hierdie mense, haar familie, deur die modderstorting weggesleur is. Dit het tydens middagete gebeur. Die gesinne was almal besig om middagete te geniet, toe die uitbarsting gebeur het. “Hulle het nie regtig kans gehad om weg te kom nie,” het een tolk gesê. Sy en haar dogter het oorleef omdat hulle die gedruis gehoor en buiten toe gegaan het.

“Ek bid dat die Here julle sal troos. Beskerm hulle Here, troos hulle en laat U engele by hulle en hulle gesinne wees. In Jesus se naam,” het Weiler gesê toe hy vir haar familie gebid het.

Hy sê wat hulle regtig nodig het, is geld en medisyne. Die oorlewendes sal ook nuwe huise moet kry.

“Ons wil hulle help om hul huise en lewens te herbou en dit verg geldelike hulp en spanne mense om te kom help …” het hy aan CBN News gesê.

Byskrif: Foto: Vulkaniese uitbarsting in Guatemala / via CBN Nuus)

Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.