-deur Jeffrey Schipper

11 Julie 2018

Die sendeling Jeff Woodke lewe moontlik nog. Hy is in Oktober 2016 in Niger, ontvoer, die land waar Jeff gewoon het. Die president van Niger het onlangs aan die media gesê dat Woodke nog leef. Sedert die ontvoering 20 maande gelede is dit die eerste teken wat sy vrou ontvang het dat haar man nog leef.

Woodke is op 14 Oktober 2016 deur onbekende aanvallers ontvoer. Hy is in Abalak, Noord-Niger, ontvoer waar hy die gemeenskap reeds vir 24 jaar gedien het. Volgens mnr. Mohamed Bazoum, het ’n groep gewapende mans, vermoedelik van ‘n radikale Islamitiese beweging, Woodke se huis binnegeval. Hulle het twee sekuriteitswagte doodgeskiet en Woodke na die ooste van Mali ontvoer.

Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.