-deur Cip.nl

13 April 2018

Vyftien jaar gelede is sy in die Filippynse oerwoud deur terroriste ontvoer. Die sendeling, Gracia Burnham, sê nou dat haar gevangenskap haar gewys het hoe klein haar geloof was. Sy kon nie toe  die groter plan van God sien nie.

Burnham: “Die moeilikste ding was om myself te sien vir wie ek werklik was. Toe alles ineenstort, het my ware aard na vore gekom en ek wou nie glo dat daardie persoon bestaan ​nie. Ek het ‘n Gracia vol haat gesien. Ek het ‘n Gracia sonder geloof gesien. Dit was skokkend.”

In die lente van 2001 is Burnham en haar oorlede man, Martin, ontvoer toe hulle vir New Stamps Mission (nou Ethnos360) gewerk het. Die egpaar was deel van ‘n groep van twintig gyselaars wat deur die terroristegroep uit die Dos Palmas-oord ontvoer is. Ná 376 dae gevangenskap is Burnham en die ander in Junie 2002 bevry. Haar man is tydens die reddingsoperasie gedood.

Burnham sê nou dat sy en haar man geen idee gehad het dat hulle saad vir die Koninkryk van God in die hulle gyselaars se harte geplant het nie. Die terroriste het hulle gedwing om eindeloos deur die oerwoud te marsjeer om die Filippynse weermag te vermy.

“Die goeie nuus is dat daar tot dusver vier voormalige terroriste is wat Jesus as hulle Verlosser aangeneem het,” vertel sy.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.