-deur Gospel Truth Newspaper

9 Januarie 2018

Popsangeres en aktrise, Selena Gomez, het onlangs oor haar Christelike geloof getuig en met vrymoedigheid verkondig: “Ek is ‘n kind van God, gered deur genade.”

Gomez het haar getuienis gedeel tydens ‘n onlangse konferensie van die Hillsong-kerk. Gomez word dikwels gesien waar sy die Hillsong-kerkdienste bywoon, dit is dieselfde kerk wat haar kêrel, Justin Bieber,  ook gereeld bywoon.

Volgens Latina.com het die 25-jarige Gomez gesê sy het vroeër gedink roem sal haar alles bied wat sy wou hê, maar dit was ‘n valse hoop. “Jy dink die toejuiging van duisende mense terwyl jy op die verhoog is, sal jou red, maar dit is nie waar nie,” het sy volgens  ChristianHeadlines gesê .

“Ek was depressief. Ek het begin om angsaanvalle te kry voordat ek moes optree of net na afloop van die vertoning,” het Gomez gesê. Dit was op haar 23ste verjaardag dat sy uiteindelik  haar lewe aan God oorgegee en Hy  ʼn werklikheid vir haar geword het.

Sy vertel dat die Heilige Gees met haar gepraat het en gesê het: “Selena, jy is genoeg! Nie omdat jy hard probeer nie, nie omdat jy liefde probeer bewys  of  jou beste voetjie voorsit nie. Nie eens omdat jy ‘n groot platform gegun is  nie en ook nie omdat ander mense jou probeer verseker jy is genoeg nie. Jy is genoeg omdat jy van die begin af deur God geskape is en omdat Sy genade jou gered en jou bedek het. En elke goeie ding wat jy doen, sal uit hierdie waarheid voortvloei. Wat jy aan ander gee, sal altyd uit die oorvloed kom van wat Hy aan jou gegee het. Selena, jy hoef nie so hard te probeer nie. Jy kan rus,” het sy vertel.


Bron: thegospeltruthnewspaper.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.