-deur Julie Borg

22 April 2-17

Seekatte is van die slimste ongewerwelde diere. Hulle kan akwariumtenks oopmaak en ontsnap, hulleself kamoefleer deur van kleur en vorm te verander en kan die deksels van bottels afdraai om by ‘n lekkerny daarbinne uit te kom. Ander seediere in dieselfde groep, coleoid cephalopods, toon ook hoë vlakke van intelligensie. Inkvisse kommunikeer met mekaar deur kleure met wisselende spoed vir mekaar te flikker.

As Darwin se evolusieteorie korrek is, moes hierdie slim seediere hulle ongelooflike vermoëns deur DNS-mutasies ontwikkel het. Evolusionêre navorsers by die Marine Biological Laboratory in Massachusetts en Tel Aviv Universiteit was egter geskok om RNS -korreksies in die diere te ontdek …

“Hierdie bewyse vernietig evolusie,” het Cornelius Hunter, ‘n biofisika-professor aan die Biola-Universiteit, op die Discovery Institute se blog, Evolution News & Science Today, geskryf.

RNS is ‘n boodskapperstof wat die genetiese instruksies neem wat die DNS dra en dit aan die proteïenproduserende masjinerie in selle lewer. Die navorsing, gepubliseer in die joernaal, Cell, het gevind RNS het verander of aangepas in reaksie op veranderinge in die omgewing.

Evolusionêre teorie beweer organismes ontwikkel en pas aan deur blinde, toevallige mutasies wat in die DNS plaasvind. Uiteindelik, deur die proses van natuurlike seleksie, sterf die wesens sonder die voordelige mutasies uit.

Die studie het bevind dat die seekatte nie deur middel van toevallige DNS-mutasies aangepas het nie, maar deur die RNS-korreksies. Die instruksies wat die RNS aan proteïenproduserende selle gelewer het, het verskil van die instruksies in die DNS.

Alhoewel gewerweldes en mense ook oor die vermoë beskik om RNS te wysig, gebeur dit baie selde. Net ‘n fraksie van 1% van proteïene word in die mens gewysig. “By hierdie diere word die meeste proteïene gewysig,” het Eli Eisenberg, ‘n biofisikus van die Tel Aviv-universiteit in Israel, in ‘n verklaring gesê.

“Hierdie getuienis vernietig evolusie,” het Cornelius Hunter, ‘n biofisika-professor aan die Biola-universiteit, op die Discovery Institute se blog, Evolution News & Science Today, geskryf.

Daar moet ‘n soort seinstelsel wees, het hy verduidelik, wat die RNS opdrag gee wanneer en waar om die korreksies uit te voer. Vanuit ‘n Darwinse perspektief kon daardie seinstelsel slegs deur ‘n uiterste aantal DNS-mutasies ontwikkel het. Die meeste van die potensiële wysigings sou dan ook nie noodwendig nuttig vir aanpassing gewees het nie, hulle kon selfs skadelik gewees het.

Vir die dier om aan te pas, moes verskeie sisteme saamgewerk het – ‘n astronomies moeilike taak, het Hunter gesê.

Byskrif: Foto Krediet: Christian Headlines


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
  • Bernard

    As ek die argument reg verstaan kan die intelligensie van seekatte nie
    toegeskryf word aan DNS-mutasies per Darwin se teorie nie, maar eerder
    aan RNS-korreksies. Die afleiding word gemaak dat hierdie bevinding
    evolusie verkeerd bewys. In die lig daarvan dat RNS-wysigings
    (volgens die artikel) selde plaasvind in ander spesies, sou dit nie meer korrek van
    professor Hunter wees om eerder te beweer dat hierdie navorsing bewys dat daar alternatiewe wyses is waarvolgens spesies by hulle omgewing kan aanpas nie?