-deur Todd Starnes

12 Junie 2017

Eers het hulle die trouebeplanners en die bakkers geteiken; toe Katolieke boere en Baptiste hoërskoolmatrikulante; nou teiken sekulariste evangeliese staatsamptenare.

Russell Vought, Trump se nominasie vir die amp van adjunk-direkteur van die Wit Huis se bestuurs- en begrotingspos, is Woensdag skerp deur senator Bernie Sanders aangeval oor sy Christelike geloof.

Sanders ag Vought ongeskik vir die amp omdat Vought glo dat daar slegs verlossing is deur Jesus Christus. Sanders het gesê iemand wat dié soort geloofsoortuiging huldig “nie iemand is wat die land se etos demonstreer nie.”

Senator James Lankford het Sanders gewaarsku dat sy kommentaar “gevaar loop om ‘n duidelike grondwetlike lyn te kruis vir die evaluasie van iemand se geskiktheid vir staatsdiens.”

“Die eerste wysigingswet is duidelik daaroor dat die federale regering elke Amerikaner se reg op vreedsame en vrye beoefening van godsdiens moet beskerm,” het die republikein van Oklahoma gesê. “Ons kan nie verklaar ons het godsdiensvryheid, maar vereis terselfdertyd dat mense hulle geloof net mag beoefen op ʼn manier wat vir regeringsamptenare aanvaarbaar is nie.”

Sanders se opmerkings het sterk veroordeling vanuit Christen-kringe gelok – insluitend die president van Family Research Council, Tony Perkins.

“Senator Sanders neem die Obama-era se godsdiensvyandigheid en voer dit steroïede,” het Perkins gesê. Duisende mense het ’n petisie onderteken wat eis dat Sanders om verskoning vra vir sy uitbarsting.

Robert Jeffress, die pastoor van die Eerste Baptiste Kerk van Dallas, het gesê daar is net twee keuses vir die senator: “Vra verskoning vir sy dwase poging om ‘n ongrondwetlike evaluering voor te stel wat 41% Amerikaners sal uitsluit, óf bedank. ”


Bron: foxnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.