– deur Jericho Walls

17 Februarie 2017

Die Samoaanse regering wil die land se grondwet verander om Samoa amptelik as ‘n Christelike nasie te verklaar. Die grondwet verwys reeds na die Christendom in die aanhef, maar nie in die hoofteks nie.

Eerste minister Malielegaoi het gesê: “Die grondwet sal nou nie net na God verwys nie, maar sal verklaar: ‘Samoa is ‘n Christelike nasie wat gegrond is op God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.’” 

Daar was wydverspreide steun in die Samoaanse parlement vir hierdie wysigings tot die grondwet. Baie mense wonder hoekom hierdie klein landjie skielik so ‘n sterk stelling wil maak. Die eerste minister sê dit is ‘n manier om godsdiensoorloë af te weer waarmee ander lande te kampe het – hoofsaaklik in die Midde-Ooste en in Afrika. 

Hy wil dit duidelik maak dat Samoa ‘n Christelike land is en dat die Christelike geloof ‘n integrale deel uitmaak van die land se wette. Ander gelowe en godsdienste sal nie ondergrawe word nie, het ‘n lid van die regerende party gesê. (Bron: CBN News).

Bid vir die Samoaanse regering terwyl dit poog om hierdie Christelike standpunt aan die res van die wêreld oor te dra. Mag die eerste minister en sy kollegas wysheid ontvang in die toepassing van hulle besluit. (Ps 118:28)


Bron: www.globalprayerwatch.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.