(22 Januarie 2016)

Pastoor Saeed Abedini is ‘n paar dae na sy vrylating uit ‘n Iranse gevangenis in ‘n goeie fisieke, geestelike en emosionele toestand het republikein, Robert Pittenger, CBN News meegedeel.

Pittenger het Abedini vroeër die week ontmoet. Die twee mans het vir sowat ‘n uur en ‘n half lank gesels en saamgebid. “Hy is positief en gesond,” het Pittenger gesê. “Ek dink dat hy baie goed daarna uitsien  ̶  verstandelik, fisiek en emosioneel.”

Die Noord-Carolina kongreslid het na Landstuhl, Duitsland, gevlieg as deel van ‘n afvaardiging om Abedini en drie ander bevryde Amerikaners te ontmoet. Pittenger was sedert 2013 ‘n openbare voorstander vir die vrylating van die pastoor.

Saeed is grotendeels in isolasie aangehou, maar oor die afgelope ses maande het die Irannese hom beter kos en behandeling begin gee.

Pittenger glo dit is omdat hulle beplan het om Saeed vry te laat sodra die Obama-administrasie se kernooreenkoms met Iran gefinaliseer is.

“Ek dink hulle het hom beter behandel en behoorlik gevoed om te verseker dat hy gesond lyk wanneer hy vrygelaat word.”

Abedini is onseker oor sy onmiddellike planne, maar soek God se wil vir sy lewe en sy toekoms.

“Hy is baie naby aan die Here, ons het ‘n wonderlike tyd van gebed gehad. Hy voel God se roeping op sy lewe en hy wil God eerstens eer deur sy lewe en as vader van sy gesin,” het Pittenger gesê.


Bron: www1.cbn.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.