-deur Michael Snyder

Dwarsdeur die Amerikaanse geskiedenis het die meeste voormalige presidente verkies om Washington, D.C te verlaat sodra hulle ampstermyn verby is, en die oorgrote meerderheid van hulle het baie hard probeer om nie met hul opvolgers in te meng nie.

Ongelukkig het Barack Obama gekies om presies die teenoorgestelde te doen. Sy nuwe huis is minder as drie kilometer van die Wit Huis af, en hiervandaan kan hy die aktiwiteite van ‘n ‘weermag’ van meer as 30 000 anti-Trump-aktiviste beheer. Hierdie leër is reeds hewig betrokke by baie van die protesoptogte en onluste wat oor die afgelope paar dae landwyd plaasgevind het.

“Sabotasie” is ‘n baie sterk woord, maar dit is duidelik dat Obama beoog om alles binne sy vermoë te doen om die Trump-administrasie te saboteer, en dit is baie slegte nuus vir die Amerikaanse nasie.

Saterdag het die New York Post ‘n artikel deur Paul Sperry gepubliseer, getiteld, ‘How Obama is scheming to sabotage Trump’s presidency’. In daardie artikel beskuldig Sperry vir Obama daarvan dat hy ʼn skaduregering opgestel het om ​​Trump teen te staan:

“When former President Barack Obama said he was “heartened” by anti-Trump protests, he was sending a message of approval to his troops. Troops? Yes, Obama has an army of agitators—numbering more than 30,000—who will fight his Republican successor at every turn of his historic presidency. And Obama will command them from a bunker less than two miles from the White House.

In what’s shaping up to be a highly unusual post-presidency, Obama isn’t just staying behind in Washington. He’s working behind the scenes to set up what will effectively be a shadow government to not only protect his threatened legacy, but to sabotage the incoming administration and its popular “America First” agenda.”

Die “weermag van opstokers” waarvan Sperry praat, is eintlik ‘n landwye netwerk van gemeenskapsorganiseerders bekend as “Organizing for Action.” As jy na die amptelike webwerf van die organisering gaan, sal jy ‘n foto van Obama in die agtergrond van die tuisblad sien. Organizing for Action het ontstaan ​​uit Barack Obama se eerste presidensiële veldtog.

As Hillary Clinton die verkiesing gewen het, sou Organizing for Action ongetwyfeld van die toneel verdwyn het, maar noudat Trump in die Wit Huis is, is hulle besig om geld in te samel en gereed te maak vir ʼn hewige stryd. Een van die eerste oogmerke van die organisasie is om Obamacare te red.

Organizing for Action is nie net ʼn vreedsame politieke groep nie. Volgens Sperry het ‘n paar van die anti-Trump-optogte wat die organisasie gereël het, in onluste ontaard… en Barack Obama verskaf die leiding en beheer Organizing for Action vanuit sy splinternuwe woning minder as drie kilometer van die Wit Huis af.

Dit is ironies dat Obama tans besig is om ‘n baie hoë baksteenmuur om sy woning te bou, terwyl sy leër van aktiviste Trump kritiseer omdat hy ʼn grensmuur wil bou om Amerika teen ongewenste indringers te beskerm.

Nog ‘n vorm van sabotasie teen die Trump-regering kom van Obama-lojaliste wat steeds binne verskeie regeringsagentskappe werk. Volgens Trump is die lojaliste verantwoordelik vir die baie nuus wat uitgelek word:

President Donald Trump beskuldig die Obama-administrasie-personeel wat nog in die Wit Huis werk, vir die inligting wat uitgelek is oor private gesprekke wat hy met die leiers van Australië en Meksiko gehad het.

Die verkiesing van Donald Trump het die radikale linksgesindes in rep en roer soos nog nooit tevore nie, en ek glo dat die protesoptogte en onluste wat ons tot dusver gesien het, maar net die begin is. Dit is maklik om jou die wydverspreide burgerlike onrus voor te stel as dinge sou skeefloop onder die Trump-administrasie. Ongelukkig sal ons te midde hiervan ‘n voormalige president minder as drie kilometer van die Wit Huis af hê wat die anti-Trump-front kommandeer.

Byskrif: Foto” (Reuters / Lucy Nicholson)


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.