-deur dr. Arno van Niekerk

14 Maart 2019

Ons het elke Christen in Suid-Afrika nodig om nou op te staan ​​en te praat. Dit is nou of nooit! Laat hierdie boodskap soos ’n veldbrand versprei sodat ons tog een keer as God se kinders met EEN STEM praat!

Stuur hierdie boodskap aan elkeen op jou lys van kontakte wat jy ken. As ons almal dit aanstuur, sal dit op die Suid-Afrikaanse toneel uitbars soos ’n massiewe positiewe ingryping. Ons sal ’n nuwe standaard daar stel terwyl ons die verkiesings tegemoetgaan!

Stuur “JA” na 082 608 5711 (om saam te stem met die Konsensus hier onder). WhatsApp is verkieslik. Skep “broadcast”-groepe om hierdie boodskap vinnig na honderde vriende te stuur.

CHRISTELIKE KONSENSUS IN SA

  1. Zero-verdraagsaamheid vir misdaad

Geen korrupsie, verkragting en diskriminasie nie; beëindig alle moorde; met streng en regverdige vervolging van misdadigers.

  1. Regering moet ten volle verantwoordbaar wees aan die landsburgers

Behoorlike dienslewering; skoon, deursigtige en inklusiewe administrasie; effektiewe stelsel.

  1. Vrede, nie oorlog nie

Genesing van die nasie, ware versoening en herstel, etiese nasiebou, versorging van die kwesbares, beskerming van kulturele identiteit.

  1. Leierskap wat God verheerlik

Dienende leiers wat nie skaam is vir hul geloof nie; wat bekwaam, nederig, selfgedissiplineerd is, met integriteit en inspirerende visie vir die nasie.

  1. Wette wat God verheerlik

Wette wat nie die Bybel weerspreek nie; ’n grondwet wat God verheerlik; die onafhanklikheid van die regbank; sterk polisie, weermag en immigrasiebeheer.

  1. Bybelse gesinswaardes

Man, vrou en kinders, om getrou te bly aan mekaar, seksuele reinheid, die gesin staan sentraal in die samelewing.

  1. Heiligheid van die lewe

Respekteer alle vorme van lewe, geen aborsie nie, kwaliteitgesondheidsorg.

  1. Inklusiewe en produktiewe ekonomie

Werkskepping, beëindig armoede en ongelykheid, hulpbronbestuur en landbou is ’n groot prioriteit vir almal, ondersteuning van entrepreneurskap, omgewingsvriendelik en -doeltreffendheid, verminderde skuldvlakke.

  1. Hoë gehalte onderrig aan almal

Ouerlike gesag; goeie dissipline en leeromgewings; basiese vaardighede; roei liberale agenda uit; bemagtig en skep geleenthede vir die jeug; tegniese opleiding.

  1. Godsdiensvryheid en geen kommunisme nie

Godsdiensregte en privaat eienaarskap; die Kerk se stem moet meer gehoor word; vryheid van spraak.

Meer as 150 000 mense het reeds “JA” gesê, maar laat miljoene Christene opstaan. Kom ons doen dit!

# Call2Action


Artikel verskaf

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.